Kontak ons

  • Programeerder
  • Musikant

Welkom by Singsaam!


Singsaam is sagteware wat ontwikkel is om gemeentes wat nie 'n orrel en / of 'n orrelis het nie, van begeleiding te voorsien.



Singsaam word verkoop op 'n datastokkie (flashdrive) wat op enige Windows-gebaseerde rekenaar werk.


Die liturgie word vooraf opgestel


Voor die erediens kies u die voorspel, (voorafsang), liedere wat tydens die erediens gesing word, (musiek tydens kollekte), Musiek na die erediens. Hiervoor word 140 stukke musiek verskaf en u kan nog u eie byvoeg.


Tydens die erediens word telkens net op die "Speel"-koppie geklik en die begeleding word verskaf.




Daar is begeleiding van AL die Psalms, Skrifberymings, Liedboek en Gesangboek beskikbaar - en waar moontlik is daar alternatiewe melodieë beskikbaar. Daar is begeleiding op 'n huisorrel en 'n kerkorrel. Sommige pakkette sluit die begeleiding van Bybelmedia ('n seleksie) in. U kan ook op twee pakkette eie begeleiding verwerk om dit deel te maak van die program



Daar is verskeie pakkette beskikbaar


Daar is op sommige buldels kopiereg. Daar is jaarliks fooie betaalbaar. Ander pakette het 'n eenmalige fooi.




Singsaam het sy eie Dataprojektor-sagteware* - hy vertoon die lied soos dit begelei word en daar kan ook enige ander teks of foto's vertoon word of met die program geïntegreer word


*Professioneel en BybelMedia



Klik net op die kieslys hierbo om te kyk watter pakket aan u vereistes voldoen!

dgGEREg
Web Counter